Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
'n Beeld van die Uitverkiesing

'n Beeld van die Uitverkiesing

Dr. Andrew Murray het die volgende beeld gebruik om die Goddelike en die menslike sy van ons verlossing te illustreer en om iets van die uitverkiesing te laat verstaan:

Daar staan 'n groot saal. Bokant die ingang van die saal staan daar met groot letters teen die muur geskrywe: "Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee". Matthéüs. 11:28. )

"Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie" ( Johannes 6:37 ). Duisende wat by daardie saal verbygaan, sien daardie woorde, maar hulle slaan geen ag daarop nie en stap verby. Hulle verwerp m.a.w. die uitnodiging - die aanbod van genade. Maar duisende neem die uitnodiging aan en gaan die saal binne, en tot hulle verbasing sien hulle hierdie woorde met groot letters teen die muur: "Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom" ( Johannes 6:37 ).

Kan hulle wat die uitnodiging om na Christus te kom, verontagsaam het, nou die skuld op God werp en sê: "Ons het nie gekom nie want ons was nie uitverkies nie?" Volstrek nie. Niemand gaan dan ook verlore omdat hy nie uitverkies is nie. Die mens gaan verlore vanweë sy sonde teen God. En waar hy die lig van die Evangelie gehad het en daaraan ongehoorsaam was, sal sy oordeel des te swaarder wees. Maar kan hulle wat nou die uitnodiging aangeneem het, verklaar: "Ons het na Christus gekom omdat ons geweet het ons is uitverkies?" Nee, hulle het dit ontdek eers toe hulle gered is. "Nou weet ons waarom ons na Christus gekom het" was hulle getuienis. "Die Vader het ons aan Hom gegee; Hy het ons na Hom getrek." "Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het". ( 1 Johannes 4:19. )

"Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid in der ewigheid! Amen." ( Romeine 11:36. )

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017